Vuurvark (astrologie)

丁亥

Die Vuurvark (丁亥, dīnghài) is die 24ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng) – die element Vuur en Jin – met die 12de Aardtak (亥, hài), gesimboliseer deur die Vark (猪, zhū).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurvarkjaar het in 2007 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 18 Februarie 2007 tot 6 Februarie 2008.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search